Indra

From Wikipedia, the free encyclopedia

Indra
Remove ads

Indra (Sanskrit: इन्द्र of इंद्र Indra, Tamil: இந்திரன், Maleis: Indera, Thai: พระอินทร์ Phra-Intra, Japannees: Taisjakoeten) is die god van Oorlog en Weer asook die Koning van die gode of Dêwas en Heer van Hemel of Svargaloka in Hindoeïsme. Vir die eerste keer as 'n god van oorlog en soldate (Ksjatrija) genoem in die heilige Hindoegeskrif, die Righ-weda, het hy vervolgens die opperwese geword. Indra is beklee met 'n heldhaftige en byna vermetele en amoreuse karakter. Hy het altyd belangrik gebly in Indiese mitologie, van Wediese tot Poeraniese tye, selfs toe sy reputasie en rol later in Hindoeïsme begin taan het met die opkoms van die Trimoerti. Hy is agter steeds aktief in die Pali-kanon, waar hy aangespreek word as Sakka (van die Sanskrit Śakra).[1] In Iran het Indra in die Zoroastriese godsdiens 'n aartsdemoon geword.

Kitsfeite Devanagari, Tamilskrif ...
Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads