Indravarman II
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Indravarman II (Khmer: ឥន្ទ្រវរ្ម័នទី២) was ’n koning van die Khmer-ryk. Hy was die seun van Jayavarman VII.[1]:132
Daar is ’n dispuut oor wanneer presies hy regeer het, moontlik omdat sy opvolger, Jayavarman VIII, historiese rekords oor hom vernietig het. Volgens die enigste inskripsie wat hom regstreeks noem, is hy in 1243 dood.[2]:181
Hy was ’n Boeddhis en kry erkenning daarvoor dat hy ’n deel van Jayavarman VII se tempel vergroot of voltooi het. Tydens sy vreedsame bewind het die Khmer-ryk beheer oor Champa verloor en het die nuwe koninkryk Sukhothai onder Indraditya van die westelike gebiede oorgeneem.
David P. Chandler meen Indravarman II was moontlik die "Melaatse Koning" van Khmer-legendes.
Remove ads
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads