Irakse Oorlog

From Wikipedia, the free encyclopedia

Irakse Oorlog
Remove ads

Die Irakse Oorlog was 'n oorlog sedert Maart 2003 gevoer deur die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk teen en in Irak, waartydens ander lande ook gevegstroepe ontplooi het.

Kitsfeite Datum, Ligging ...

Die oorlog kan verdeel word in twee fases. Die eerste fase was die inval waarby 'n multinasionale weermag, die sogenaamde "Coalition of the Willing", die bewind van Saddam Hussein sou omverwerp. Hierdie fase duur van 20 Maart 2003 tot 1 Mei 2003.

Die doel van die koalisie was om 'n val te bring aan die regime van Saddam Hussein, wat die Irakse bevolking sou onderdruk, internasionale terrorisme sou ondersteun en wapens van massavernietiging sou ontwikkel het. Tot op hede is sulke wapens nooit gevind nie, en geen verband kon met Al-Kaïda getoon word nie.

Die daaropvolgende fase het bestaan uit 'n program van nasiebou, die opbou van 'n nuwe Irak deur die koalisiemagte. Hierdie fase word egter gekniehalter deur grootskaalse opstande, wat so ernstig is dat daar gepraat word van 'n burgeroorlog.

Op 15 Desember 2011 word die oorlog amptelik verby verklaar deur die Amerikaanse minister van verdediging, Leon Panetta. Op die nag van 17/18 Desember 2011 onttrek die laaste Amerikaanse troepe hulle permanent uit Irak.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads