Isjim

From Wikipedia, the free encyclopedia

Isjim
Remove ads

Die Isjim (Kasaks: Есіл, Esil; Russies: Иши́м, Išim) is die grootste sytak van die Irtisj, op sy beurt 'n sytak van die Ob in Siberië en Noord-Asië. Die rivier, met 'n lengte van 2 450 km, ontspring in die Kasakse Hooglande, Kasakstan. Aansluitend vloei die rivier, in Kasakstan Esil genoem, in 'n westelike rigting en bereik die hoofstad Noer-Soeltan. Die rivier behou sy westelike koers, totdat dit 'n skerp boog in 'n noordelike rigting maak. Wes van Omsk bereik die Isjim die Russiese grens en vloei verder in 'n noordelike rigting deur die Omsk-oblast. In Rusland loop die rivier deur 'n uitgestrekte moerasland en vorm hier ontelbare kronkelaars en mere. Die rivier vries van einde November tot Maart.

Thumb
Panorama van die moderne regeringsdistrik en sakesentrum van Noer-Soeltan, Kasakstan, met die wyer Isjim op die voorgrond
Kitsfeite
Remove ads

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Isjim.
  • (en) "Ishim River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 4 Augustus 2019.
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads