James Read
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
James Read, senior, (*Abridge, Essex, Engeland, 3 Desember 1777 - †Elandspost (Seymour), Katrivier-nedersetting, 8 Mei 1852) was ‘n omstrede sendeling van die Londense Sendinggenootskap.
Read arriveer in 1800 in Kaapstad om as sendeling onder die Xhosa te werk. Aanvanklik werk hy ‘n paar maande in die Wagenmakersvallei alvorens hy in 1801 by dr. J.T. van der Kemp aansluit in Graaff-Reinet en ‘n skool vir die Khoikhoi begin. Die daaropvolgende jaar gaan hy en Van der Kemp met ‘n groep van hul volgelinge na Fort Frederick waar genl. Jan Willem Janssens ‘n stuk grond aan die Swartkopsrivier aan hulle beskikbaar stel om hul sendingstasie Bethelsdorp te stig. In 1803 trou Read hier met ‘n Khoikhkoi-meisie.
Read en Van der Kemp bots amper al van die begin af met die owerhede. Read stuur aanhoudend verslae na Engeland waarin hy meld dat die blanke veeboere hul Khoikhoi-plaaswerkers mishandel en dat daar al verskeie deur hulle vermoor is.
Die Rondgaande Hof van 1812, wat in die geskiedenis bekend geword het as die Swarte Ommegang, het verskeie sake verhoor en Bethelsdorp besoek. Geen boer is aan moord skuldig bevind nie en die meeste ander sake is as onbenulllig afgemaak. Die regters het hulle wel uitgespreek oor die swak toestande op die sendingstasie, die luiheid van die inwoners en die leuens en algemene gedrag van die sendelinge. ‘n Gevolg was groot ontevredenheid onder die grens boere. Dit het bygedra tot die redes vir die Groot Trek.
In 1816 besoek Read die gebied Brits-Kaffraria en vestig Joseph Williams as sendeling aan die Katrivier. John Philip en John Campbell inspekteer in 1819 Bethelsdorp met die gevolg dat Read se dienste daar opgeskort word.
Hierna gaan Read met o.a. J. Evans na Kuruman en skuif daardie dorp na sy huidige ligging. In 1821 is hy terug on Betheldsdorp en versamel aktief vir Philip getuienis in oor die onderdrukking van die Khoikhoi deur die blanke boere. Agt laar later stel Philip vir Read aan as hoof van ‘n nuwe sendingpos genaamd Philipton aan die Katrivier. Ook hier sweep hy sy volgelinge op om sekere wette te verontagsaam. Saam met Jan Tzatzoe besoek hy in 1836 Engeland en versprei daar ‘n verwronge beeld van die situasie op die oosgrens van die Kaapkolonie. Daarna keer hy terug na Philipton. Sy seun James staan sy pa sedert 1832 daar by. Tydens die Agtste Grensoorlog was daar opstande in Philipton en het die openbare mening teen beide Reeds gedraai.
Remove ads
Persone
- William Anderson (*Londen, 1 Desember 1769 - †Pacaltsdorp, 24 September 1852), sendeling van die Londense Sendinggenootskap
- John Campbell (*Edinburg, Skotland, Maart 1766 - †Londen, 4 April 1840), sendeling van die Londense Sendinggenootskap
- John Evans (†1823), predikant van die NG-kerk
- James Read, junior, (*Bethelsdorp, 31 Julie 1811 - †Elandspost (Seymour), Stockenströmdistrik, 4 Junie 1894), sendeling van die Londense Sendinggenootskap
- Jan Tzatzoe (soms Tshatsu, *Iqonci, ±1791 - †King William’s Town, 28 Februarie 1868), hooofman van die amaNtinde (‘n ondergeskikte Xhosa-groepering)
- Joseph Williams (*Londen, 1780 - †Katrivier, Fort Beaufort, 20 Augustus 1818), sendeling van die Londense Sendinggenootskap
Remove ads
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads