Jannie Breedt
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Jannie Breedt (4 Junie 1959 in Kemptonpark) is 'n oud-Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se een-en-veertigste Springbokkaptein. Hy het ook vir Transvaal provinsiale rugby op agsteman gespeel.
Remove ads
Spelersloopbaan
Breedt het vir Noord-Transvaal en later vir Transvaal in die Suid-Afrikaanse provinsiale kompetisies gespeel. Hy het in 1981 sy debuut vir Noord-Transvaal gemaak en in 1985 verhuis hy na Transvaal. Hy het 118 wedstryde vir Transvaal gespeel en die span by 102 geleenthede aangevoer, die eerste speler wat die provinsie meer as honderd keer aangevoer het. Hy het sy span na vier Curriebeker-eindstryde gelei en by elke geleentheid as naaswenner geëindig.[1]
Springbok
Breedt het sy toetsbuiging vir die Springbokke teen die besoekende Nieu-Seelandse Kavaliers op 10 Mei 1986 op Nuweland in Kaapstad gemaak. In 1989 is Breedt as Springbokkaptein vir die twee toetswedstryde teen die Wêreld-XV aangewys en het dus die 41ste Springboktoetskaptein geword. Hy het 8 keer vir die Springbokke uitgedraf.[2]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads