Jans Rautenbach
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Jans Rautenbach (1936–2016) was 'n bekroonde Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, film-vervaardiger en regisseur.[1][2] Hy was die regisseur van rolprente soos Blink Stefaans (1981), Eendag op ’n Reëndag (1975), Pappa Lap (1971) en Jannie totsiens (1970). Sy 1968-film, Die Kandidaat was omstrede en is aanvanklik in Suid-Afrika onder sensorskap geplaas omrede dit die destydse politiese stelsel bevraagteken het.[3]
Remove ads
Beknopte biografie
Janus Rautenbach is op 22 Februarie 1936 in Boksburg gebore en het aan die Hoërskool Voortrekker, Boksburg gematrikuleer.
Hy begin sy loopbaan in die filmbedryf by Jamie Uys-filmpoduksies en was die assistent-regisseur van Emil Nofal se Kimberley Jim. Nofal en Uys se paaie het later geskei, waarna Nofal sy eie produksiemaatskappy saam met Rautenbach begin het. Die vennootskap is deur baie as Suid-Afrika se "goue era van kinema" beskryf.[4]
Rautenbach is op 2 November 2016 in 'n hospitaal in Mosselbaai aan komplikasies weens longontsteking oorlede. Hy het sy vrou en vier kinders agtergelaat.
Remove ads
Filmografie
As regisseur:
- Die Kandidaat (1968)
- Katrina (1969)
- Jannie totsiens (1970)
- Pappa Lap (1971)
- Ongewenste Vreemdeling (1974)
- Eendag op 'n Reëndag (1975)
- My Way II (1977)
- Blink Stefaans (1981)
- Broer Matie (1984)
- Abraham (2015)
Verwysings
Bibliografie
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads