Jinja

From Wikipedia, the free encyclopedia

Jinjamap
Remove ads

Jinja is 'n dorp in die ooste van Uganda, ongeveer 90 kilometer noordoos van die hoofstad Kampala. Dit lê op die oostelike oewer van die Victoriameer. Jinja is die hoofstad van die gelyknamige distrik Jinja en dit is ook die hoofstad van die Busoga-koninkryk.

Kitsfeite Land, Provinsie ...

Die streek is bekend vir sy vrugbare grond en oorvloedige reënval. Boerdery is dan ook die grootste industrie, maar metaalverwerking, leer- en papierfabrieke word ook hier aangetref. Omdat die dorp ook 'n hawe aan die Victoriameer het, verskaf die visindustrie ook heelwat werksgeleenthede.

Jinja het ongeveer 110 000 inwoners en die gemiddelde jaarlikse inkomste per persoon in ongeveer 70 euro. Die vernaamste tale wat hier gepraat word is Lusoga en Luganda.

Die Nylrivier ontspring net buite Jinja.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads