Joe Orton

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

John Kingsley Orton (1 Januarie 19339 Augustus 1967), bekend onder die skuilnaam Joe Orton, was 'n Engelse dramaturg, skrywer en dagboekskrywer.

Kitsfeite Gebore, Sterf ...

Sy loopbaan, wat vanaf 1964 tot sy moord in 1967 gestrek het, was kort maar baie invloedryk.[1][2][3] Gedurende sy kort loopbaan het hy gehore geskok, verontwaardig en geamuseer met sy skandalige wrang humor. Die adjektief Ortonesk verwys na werk wat gekarakteriseer word deur galgehumor en 'n donker maar tog klugtige sinisme. [4]

Orton is op 9 Augustus 1967 deur sy minnaar Kenneth Halliwell, 'n Britse akteur en skrywer, vermoor. Halliwal het Orton met nege hammerslae teen sy kop doodgeslaan. Hierna het Halliwel selfmoord gepleeg deur 'n oordosis Pentobarbital te neem.[5]

Remove ads

Nalatenskap

'n Paadjie vir voetgangers voor die Curve-teater in Leicester is na Orton vernoem (Orton-plein).[6]

In Julie 2019 het Dr. Emma Parker, professor aan die Universiteit van Leicester, en 'n deskundige oor Orton, 'n veldtog van stapel gestuur om 'n standbeeld van Orton in Leicester, sy geboortestad, te laat installeer.[7] Drie jaar na die projek begin is, is dit gekanselleer weens die ontrekking van sommige borge. Sy suster Leonie het beweer dat Orton se geskiedenis van seksuele omgang met minderjarige seuns 'n groot invloed was met betrekking tot die mislukking van die projek.[8]

Remove ads

Toneelstukke

  • Fred and Madge (geskryf in 1959, gepubliseer in 2001)
  • The Visitors (geskryf in 1961, gepubliseer in 2001)
  • The Ruffian on the Stair (eerste opvoering in 1964) Radiohoorstuk
  • Entertaining Mr Sloane (eerste opvoering in 1964)
  • Loot (eerste opvoering in 1965)
  • The Erpingham Camp (eerste opvoering in 1966)
  • The Good and Faithful Servant (eerste opvoering in 1967)
  • Funeral Games (eerste opvoering in 1968)
  • What the Butler Saw (eerste opvoering in 1969)
  • Up Against It (draaiboek)
Remove ads

Romans

  • Head to Toe (gepubliseer in 1971)
  • Between Us Girls (gepubliseer in 2001)
  • Lord Cucumber en The Boy Hairdresser (geskryf saam met Halliwell) (gepubliseer in 1999)

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads