John Gainsford

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

John Leslie Gainsford (1938–2015) was 'n Springbokrugbyspeler.

Kitsfeite Volle naam, Geboortedatum ...
Remove ads

Rugbyloopbaan

John speel vir Villagers se onder-19A span in 1956 en 1957. In 1958 speel hy vir die Westelike Provinsie. In 1959 word hy gekies vir die Junior Bokke se toer na Argentinië en in 1960 speel hy in sy eerste toets teen Skotland in Suid-Afrika. Hy speel ook die jaar in die toetse teen die All Blacks. Hy gaan ook saam op die suksesvolle 1960/61-toer na die Britse Eilande. In 1962 speel hy ook teen die Britse en Ierse Leeus en in 1963 teen die Wallabies. Hy speel ook teen die besoekende Walliese en Franse spanne van 1964 en gaan op die rampspoedige 1965-toere na Skotland, Ierland en Australasië. Gainsford speel sy laaste toets in 1967 teen die besoekende Franse. Hy het na sy uittrede by die WP se bestuur betrokke geraak.

Hy het agt toets drieë gedruk en het die rekord van 33 toetse tydens sy uittrede gehou. Sy bibliografie is getiteld, Nice guys come second.

Hy is op 18 November 2015 in Kaapstad aan kanker oorlede.[1]

Remove ads

Bron

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads