Johnny du Plooy
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Johnny du Plooy (27 September 1964 – 12 April 2013 [1]) was 'n voormalige Suid-Afrikaanse swaargewigbokser. Hy was veral bekend vir sy oorwinning oor die WBA-kampioen, die Amerikaner Mike Weaver.
Remove ads
Boksloopbaan
Die lang 6'3" Suid-Afrikaanse bokser begin sy loopbaan in 1985 en verslaan 17 opponente. Daarna word hy deur die voormalige kampioen, Mike Weaver in sy spore gestuit wat hom in die 7de rondte uitslaan. Hy neem later wraak deur Weaver in slegs twee rondtes uit te slaan. In 1989 daag hy Francesco Damiani uit vir die WBO se vakante swaargewigwêreldtitel tydens die WBO se eerste swaargewigwêreldtitelgeveg (Du Plooy is in die derde rondte uitgeslaan). Hierna neem hy aan 15 verdere gevegte deel wat aan hom 'n totaal van 27 oorwinnings, 5 nederlae en 1 gelykopuitslag besorg. Al sy nederlae was teen bekende opponente soos Renaldo Snipes, Francesco Damiani, Pierre Coetzer en Corrie Sanders. Du Plooy tree in 1993 na 'n oorwinning uit, waarna hy terugkeer vir nog 'n oorwinning, maar tree spoedig daarna permanent uit.[1]
Remove ads
Dood
Du Plooy het 'n paar maande voor sy dood 'n hartaanval gehad. Van toe af, tot met sy dood op 12 April 2013, het hy erge hart- en longprobleme ondervind.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads