Julia Anastasopoulos
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Julia Anastasopoulos (gebore 14 Junie 1983) is 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar, illustreerder, ontwerper en aktrise. Anastasopoulos het 'n plaaslike internet verskynsel geword in Mei 2014, met haar do-it-yourself web-reeks bekend as SuzelleDIY. Voordat sy 'n YouTube-persoonlikheid geword het, het Anastasopoulos handgetekende illustrasies op die mure en vensters van 'n paar MyCiTi bushaltes geskep.[1]
Remove ads
Vroeë lewe
Sy is gebore in Johannesburg in 1983. Volgens Anastasopoulos, "My mom is an art teacher and always encouraged me and my sisters to make things and express ourselves creatively. I was always inspired by picture books and illustrators like Quentin Blake, Saul Steinberg and Raymond Peynet".
Opvoeding
In 2004 het sy haar BA-graad in Teater en Prestasie verwerf met 'n hoofvak in drama by die Universiteit van Kaapstad.[2][3]
Loopbaan
Anastasopoulos het deelgeneem in stadium produksies by die Universiteit van Kaapstad. In 2004, sy het deelgeneem aan Die Blou Kamer, 'n teater produksie geredigeer deur Jacqui Singer en geskryf deur David Haas by die Arenateater.[4] Twee jaar later, in 2006, het sy as Ophelia in 'n Hamlet-teater produksie gespeel geredigeer deur Roy Sargaent in die Artscape-teater[5][6]
In 2008 het Anastasopoulos 'n penlig ontwerp, en 'n toekenning ontvang vir Eskom se Energy Efficient Lighting Design Competition under Category B: Residential luminaire design for professionals.[7] Anastasopolous ontwerp ook stelle vir teaterproduksies. Sy het die Magnet-teater se Every Year, Every Day, I Am Walking se produksiestel ontwerp.[8]
In 2010 het sy verskyn in Interrupting Henry, 'n spel gerig deur Matthew Wild by Die Artscape Arena. Anastasopoulos het die rol van 'n Afrikaans-onderwyseres met die naam Elsa Bruin gespeel.[9][10] Sy het deelgeneem in die teaterproduksie van Done Londen wat geskryf is deur Nicholas Spagnoletti by die Kalkbaai-teater in Kaapstad.[11] In 2011 het sy die rol van Helena gespeel in 'n produksie van A Midsummer night's Dream, geredigeer deur Guy Delancey.[12]
Anastasopoulos maak gebruik van verskeie mediums om illustrasies te skep. Dit sluit in muurskilderye, kinderboeke, inkopiesakke en 'n redaksionele dekking vir 'n tydskrif.[13] Sy het 'n opdrag ontvang om 'n muurskildery te ontwerp vir vertoning in The Book Lounge in Cape Town vir die kinderboekafdeling. Dit vtoon 'n stadsuitsig wat op die muur geteken is en dan met akriel geverf is. Sy het 'n kinderboek Jeff en George en die Totempaal geïllustreer.[14]
In Maart 2013 het sy deelgeneem aan die ontwerp van Fugard Studio se teaterproduksie van Master Harold ... and the Boys wat vervaardig is deur Eric Abraham en gerig deur Kim Kerfoot. Sy het later illustrasies geskep vir die BOOM/BOOM/UMTHI, 'n 30-minuut verhaal wat gespeel het in die Magnet-teater in 2013 vir kinders tussen die ouderdomme van 3 en 7.[15] Gedurende die Nasionale Kunstefees te Grahamstad in 2013, het sy die stel ontwerp vir Vigil, geskryf deur die Kanadese dramaturg Morris Panych.
Anastasopoulos het haar SuzelleDIY YouTube-kanaal in Mei 2014 begin, met 'n "byt-grootte, doen-dit-jouself web-reeks". Sy speel 'n Afrikaanse vrou, saam met animeerder en filmmaker Ari Kruger.[16] In 2014 het sy 'n toekenning ontvang vir Suid-Afrika se gunsteling Aanlyn Bekendes uit Channel24.[17] Suzelle het saam gewerk met Takealot, 'n aanlyn-kleinhandelaar en het vier video's gemaak vir die Takealot-handelsnaam.[18]
In 2015, het Suzelle eerste plek gewen in die Superbalist 100 veldtog.[19]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads