KFC
amerikaanse kitskoskette From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
KFC (die naam was oorspronklik 'n afkorting vir Kentucky Fried Chicken) is 'n kitskosrestaurantketting wat spesialiseer in gebraaide hoender. Hul hoofkantoor is in Louisville, Kentucky, in die Verenigde State. Dit is die wêreld se tweede grootste restaurantketting (volgens verkope) na McDonald's, met 18 875 winkels in 118 lande en gebiede. Sedert Desember 2013 is die maatskappy 'n filiaal van Yum! Brands, 'n restaurantmaatskappy wat ook die eienaar van die Pizza Hut en Taco Bell-kettings is.


KFC is gestig deur kolonel Harland Sanders, 'n entrepreneur wat begin het om braaihoender by sy padrestaurant in Corbin, Kentucky te verkoop tydens die Groot Depressie. Sanders identifiseer die potensiaal van die restaurantfranchise-konsep, en die eerste "Kentucky Fried Chicken" franchise open in Utah in 1952. KFC se hoender word so gewild in die kitskosbedryf, dat dit uitloop op die diversifisering van die mark deur die uitdaging van die hamburger se gevestigde oorheersing. Deur homself as "Kolonel Sanders" te merk en bemark, het Harland Sanders 'n prominente figuur in die Amerikaanse kulturele geskiedenis geword, en sy beeld word steeds in KFC advertensies gebruik. Maar die maatskappy se vinnige uitbreiding, beide plaaslik en oorsee, het die ouerwordende Sanders later oorweldig, en in 1964 het hy die maatskappy verkoop aan 'n groep van beleggers gelei deur John Y. Brown, Jr en Jack C. Massey.
Remove ads
Produk
KFC verkoop hoenderprodukte wat volgens 'n spesiale bedryfsresep voorberei word. Deel van die bereidingsproses is dat die braai onder druk gebeur waardeur die bereidingstyd aansienlik verkort word. Saam met die belangrikste produk, hoender met 'n bros skil, bedien KFC ook ander geregte soos hoenderburgers, nuggets, skyfies of pap, toegevoudes, 'n verskeidenheid nie-alkoholiese drankies en nageregte. Verder is daar in verskeie lande 'n aparte spyskaat van produkte beskikbaar, soos kebabs, toebroodjies, tortilla's en koekies. Daarbenewens word daar in die 21ste eeu op sommige plekke ook bees-, vark- en visprodukte probeer.
Remove ads
Fasiliteit
KFC posisioneer homself as 'n kitskosrestaurant met 'n standaard spyskaart en binneafwerking, en die kleure rooi en wit oorheers die restaurante. Daar is 'n toonbank met 'n ry kasregisters waar kliënte hul bestellings kan plaas en gewoonlik dit binne 'n paar minute ontvang. Die eetarea is helder verlig en voorsien van TV-skerms waarop geslote programmering vertoon word. Dit is dikwels videosnitte van liedjies wat inligting en advertensies oor KFC vertoon.
- Betogers voor 'n KFC-restaurant in Amerika
- 'n Tipiese KFC-maaltyd
- 'n KFC-restaurant in Australië
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
