Kaap Recife-vuurtoring

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kaap Recife-vuurtoringmap
Remove ads

Die Kaap Recife-vuurtoring is geleë in die Kaap Recife-natuurreservaat aan die suidelike punt van Algoabaai (Kaap Recife), ongeveer 15 km suid van Port Elizabeth. Die agtkantige kliptoring is 24 m hoog, in swart en wit bane geverf en is op 1 April 1851 in gebruik geneem. Dit is toegerus met 'n mis-sein, 'n radiobaken, 'n rooi lig en 'n flitsende wit lig wat elke 30 sekondes flits. Die toring het 'n fokale vlak van 28 meter bo die hoogwatermerk. Die lig van 4 000 000 CD kan tot 29 seemyl ver gesien word.[1]

Thumb
Kaap Recife-vuurtoring
Remove ads

Verwysings

Eksterne Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads