Kabouter

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

‘n Kabouter is ‘n mitologiese figuur in die Germaanse volkskultuur.

Volkskultuur

Kabouters is bonatuurlike wesens wat in die folklore van verskillende Europese kulture voorkom. Hulle is vrolik, behulpsaam, wys en naïef. Snags help hulle die mens deur ongesiens onafgehandelde takies te voltooi. Gewoonlik woon hulle naby aan mense en is goedgesind teenoor hulle, maar kwaadaardige kabouters kan ook voorkom. Kabouters kan toor. Hulle praat met plante en diere en woon tussen die dakbalke van geboue. In die teenswoordige volksgeloof het kabouters uitgesterf. Hulle kom nog slegs in sprokies en as tuinkabouters voor.

Remove ads

Voorkoms

Dwergies lyk altyd asof hulle baie oud is. Hulle is baie klein van gestalte en sterk en beskik oor die vermoë om hulself onsigbaar te maak. Gewoonlik word hulle uitgebeeld met ronde wange, ‘n boeppens, ‘n rooi neus en ‘n welige baard. Daarby dra hulle rooi (en soms bruin) klere, ‘n rooi puntmus, stewels en ‘n breë gordel. Vroue dra rokke.

Lees ook

Bibliografie

  • van Reeth, Adelaïde: Ensiklopedie van die mitologie. Kaapstad: Vlaeberg, 1994. ISBN 0-947461-57-4
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads