Kastrasie

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kastrasie
Remove ads

Kastrasie (ook genoem sterilisasie, ontmanning, ovariëktomie, ens.) is enige manier – snykundig, chemies of andersins – waardeur ’n manlike mens of dier die funksie van die testikels of ’n vroulike mens of dier die funksie van die eierstokke verloor.

Thumb
’n Mediese illustrasie deur die Persiese hitorikus Sharaf ad-Din van ’n operasie vir kastrasie, omstreeks 1466.
Thumb
Kastrasie as ’n straf in die 16de eeu.

Met snykundige kastrasie word die testikels met chirurgie verwyder en met chemiese kastrasie word die testikels met chemiese middels gedeaktiveer. Kastrasie veroorsaak sterilisasie, wat meebring dat die persoon of dier nie meer kan voortplant nie; dit verminder ook die vervaardiging van sekere hormone soos testosteroon en estrogeen. Die uitwerking van die afname in laasgenoemde is aansienlik dwarsdeur ’n vrou se liggaam.[1]

Soms verwys die term "kastrasie" ook na emaskulasie (die verwydering van die penis én testikels). In sommige kulture word geen onderskeid tussen die twee getref nie en dit kan verwarrend wees. By diere help kastrasie voordelige omstandighede skep, soos om oorbevolking te voorkom en die geslagsdrif te verminder. Daar word dikwels gesê die dier is "reggemaak".

Remove ads

Geskiedenis

Kastrasie is dikwels in sekere kulture in Europa, Afrika en Suid- en Oos-Asië om godsdienstige of sosiale redes gebruik. Sommige volke het ná ’n veldslag die gevangenes of lyke van die verloorders gekastreer om hul oorwinning te simboliseer. Gekastreerde mans (eunugs) is dikwels gebruik as personeel in burokrasieë en paleise, veral in harems.

In China het eunugs in baie tydperke soms die mag oorgeneem, veral in die latere Han-, laat Tang- en laat Ming-dinastie.

In antieke tye is beide die penis en testikels dikwels verwyder. Dit het groot gevaar ingehou aangesien die gekastreerde man hom kon doodbloei of infeksie kon intree. In sommige state soos die Bisantynse Ryk is dit as dieselfde as doodstraf beskou.

Óf Chrurgiese óf chemiese kastrasie word soms in die geval van prostaatkanker uitgevoer.[2] As testoroon afneem, kan dit die groei van kanker vertraag. Dit laat ook die geslagsdrif en seksuele obsessies of gedrag by seksueel afwykendes afneem.

Kastrasie is al in lande soos die Verenigde State gebruik vir seksoortreders.[3]

Europa

Thumb
Die kastrasie van Uranos, fresko deur Vasari & Cristofano Gherardi, omstreeks 1560 (Florence).

In die Griekse mitologie het Kronos sy pa, Uranos, gekastreer nadat laasgenoemde die siklope en honderdhandiges laat opsluit het.

Edward Gibbon se The History of the Decline and Fall of the Roman Empire[4] vertel hoe die Normandiërs tydens hul invalle in Sisilië en Italië hul vyande gekastreer het.

In die Middeleeuse Koninkryk Georgië is die troonsteler Demna deur sy oom George III laat kastreer om die oorheersing van George se tak van die familie te verseker.[5]

William Wallace, die Skotse weerstandsleier, is gekastreer as deel van sy teregstelling omdat hy teen die Engelse heerskappy in opstand gekom het.

In 1952 is Alan Turing, die vader van rekenaarwetenskap en die uitvinder van die Turingmasjien, vervolg vir homoseksuele dade en het hy chemiese kastrasie bo gevangenisstraf verkies.

China

Rekords van kastrasie in China dateer uit die Shang-dinastie (omstreeks 1700-1050 v.C.), toe die Shang-konings oorlogsgevangenes laat kastreer het.[6][7]

Tydens die bewind van Mu van die Zhou-dinastie (10de eeu v.C.) is die wet verander sodat mense makliker gekastreer kon word in die plek van die doodstraf.[8] Nie net die testikels is verwyder nie, maar al die geslagsdele is terselfdertyd met ’n mes afgesny.[9]

Mans is tydens die Qin-dinastie (221-206 v.C.) gekastreer en slawe gemaak om aan projekte soos die Terracottaleër te werk.[10] Die regering het beslag gelê op die eiendom van verkragters wat as straf gekastreer is en hul familielede is slawe gemaak.[11]

Ook mans wat tydens die Han-dinastie met kastrasie gestraf is, is vir slawearbeid gebruik.[12] Kastrasie is as straf vir verskeie oortredings gebruik.[13][14] Die Chinese historikus Sima Qian is op bevel van die keiser gekastreer weens andersdenkende idees.[15]

In die vroeë tydperk van die Ming-dinastie (1368-1644 v.C.) het China daarop aangedring dat eunugs van Korea af gestuur word as deel van die land se heffings. Sommige het toesig gehou in die harems van die Chinese keiser.[16][17]

Toe die Chinese die Mongoolse bewind omverwerp, is baie Mongole gekastreer en as eunugs gebruik.[18] Toe die Ming-leër Yunnan eindelik in 1382 van die Mongole afneem, is duisende gevangenes doodgemaak en hul seuns – insluitende Zheng He – is gekastreer soos die gewoonte was.[19][20]

Aan die einde van die Ming-dinastie was daar sowat 70 000 eunugs in diens van die keiser, sommige in die Verbode Stad.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads