Kastrol

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kastrol
Remove ads

'n Kastrol is 'n ronde metaalhouer met 'n steel en/of een of twee handvatsels, dikwels ook 'n deksel, gebruik om kos in te kook.[1] Kastrolle kombineer die voordele van kookpotte en braaipanne en het sodoende veelsydige gebruike, van rooster en braai tot soteer en roerbraai.

Thumb
'n Kombuisrak met blinkgeskuurde koperkastrolle in die kasteel van Vaux-le-Vicomte, Maincy, département Seine-et-Marne, Frankryk

Kastrolle word gewoonlik van vlekvrye staal vervaardig en van 'n kern uit koper of aluminium voorsien. Alternatiewe materiale is ekstra harde aluminium of 'n kombinasie van metale. Middelgroot kastrolle (twee tot drie liter) is geskik om souse daarin te reduseer, terwyl kleiner kastrolle (een tot anderhalf liter) gebruik word om sjokolade of botter te smelt of melk te verhit. Groot kastrolle (vier liter of meer) is geskik om sop, pasta of rys te kook en groente te stoom.[2]

Remove ads

Etimologie

Die term is ontleen aan die Franse casserole "kookpot" en het sy etimologiese oorsprong in die Middel-Franse casse "groot lepel" wat op sy beurt afgelei is van die Oksitaanse term cassa, die Middel- en Vulgêrlatynse cattia "skeplepel" en die Oud-Griekse diminutief kyathion, van kyathos "bak".

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads