Kate Nelligan
Kanadese aktrise From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Patricia Colleen Nelligan (* 16 Maart 1950), professioneel bekend as Kate Nelligan, is 'n Kanadese verhoog-,rolprent- en televisieaktrise. Sy is benoem vir 'n Oscar vir Beste Ondersteunende Aktrise vir die 1991-rolprent, The Prince of Tides, en het in dieselfde jaar die BAFTA gewen vir Beste Aktrise in 'n Ondersteunende Rol vir die rolprent Frankie and Johnny. Sy is ook vier keer benoem vir 'n Tony-toekenning vir haar werk op Broadway, vir onderskeidelik Plenty (1983), A Moon for the Misbegotten (1984), Serious Money (1988) en Spoils of War (1989). Sy is ook bekend vir haar onvergeetlike titelrol as Eleni in die rolprent uit 1985.
Remove ads
Vroeë lewe
Nelligan is gebore as die vierde van ses kinders in London, Ontario, as die dogter van Patrick Joseph Nelligan en sy vrou Josephine Alice (née Deir). Haar pa was 'n munisipale werknemer in beheer van ysbane en ontspanningsparke. Haar ma was 'n onderwyseres.[1]
Haar moeder, wat Nelligan beskryf het as "baie sterk, uiters briljant en baie, baie kêns",[2] was 'n alkoholis en het ook ander sielkundige probleme gehad. Sy is later opgeneem in 'n psigiatrise instelling.[3] Nelligan het die London South Collegiate Institute in London, Ontario, bygewoon waar sy bekend was as “Trish”,[4] en het daarna gestudeer aan Glendon College in Toronto. Sy was egter nie suksesvol in haar studies nie en het nie gegradueer nie.[5] Sy het hierna na Londen, Engeland verhuis waar sy studeer het aan die Central School of Speech and Drama.[6]
Remove ads
Loopbaan
In Augustus 1972 het Nelligan haar professionele verhoogloopbaan van stapel gestuur as 'n "snaakse en oortuigende" Corie in die Bristol Old Vic se opvoering van Barfoot in the Park deur Neil Simon.[6] By die Bristol Old Vic-ateljee het sy die daaropvolgende April die rol van Leila gespeel in The Screens, 'n verkorte weergawe deur Howard Brenton van Jean Genet se Les Paravents.[7] Op televisie het sy in 'n gereelde rol verskyn in die Britse televisiereeks The Onedin Line. In 1974 is sy na Londen genooi om die rol van Jenny te speel in David Hare se toneelstuk Knuckle by die Comedy Theatre, gevolg deur 'n seisoen saam met die National Theatre as Ellie in Heartbreak House. In 1975 verskyn sy teenoor Anthony Hopkins in die televisiestuk The Arcata Promise, gevolg deur die televisie-teaterweergawe van The Count of Monte Cristo wat die room van Britse en Amerikaanse akteurs bevat het. Dieselfde jaar is haar eerste vollengtefilm, The Romantic Englishwoman, vrygestel.
In 1977, weer saam met die National Theatre, het Nelligan 'n briljante vertolking gegee van Marianne, naas Stephen Rea, in Ödön von Horváth se Tales from the Vienna Woods met regie deur Maximilian Schell.[8] In dieselfde jaar het sy die rol vertolk van Rosalind in As You Like It, met regie deur Trevor Nunn, naas Peter McEnery in die Royal Shakespeare Theatre en die volgende jaar in Londen.[9] Sy het die rol opgevolg met Plenty, ook deur die dramaturg David Hare, by die National Theatre. Vir die vertolking ontvang sy die Evening Standard Theatre-toekenning vir "Beste Aktrise" vir 1978. Sy was ook die naasbeste keuse vir "Beste Aktrise in 'n Nuwe Toneelstuk" tydens dié seisoen se Olivier-toekennings.[10][11] Sy het 'n soortgelyke rol vertolk teenoor Bill Paterson in Hare se bekroonde toneelstuk, Licking Hitler, vir BBC-televisie.
Nelligan was in 1978 weereens op die skerm, en het die rol van Isabella vertolk in BBC Television Shakespeare se vervaardiging van Measure for Measure, wat die New York Times genoop het om haar opvoering te beskryf as die verskaffing van "die beeld van geïdealiseerde foutloosheid".[12] In 1979 speel sy die vroulike hoofrol saam met Frank Langella en Laurence Olivier in Dracula. In 1981 het sy teenoor haar landgenoot Donald Sutherland gespeel in Eye of the Needle, 'n spioenasieriller wat in die oorlogsjare afspeel en gebaseer is op Ken Follett se topverkoperroman. Twee jaar later het Nelligan na New York Stad verhuis, waar sy drie keer benoem is vir die Tony-toekenning vir Beste Prestasie deur 'n Leidende Aktrise in 'n Toneelstuk (vir onderskeidelik Plenty in 1983, A Moon for the Misbegotten in 1984 en Spoils of War in 1989), en een keer as Hoofaktrise in 'n Toneelstuk (vir Serious Money in 1988). Sy het tussen 1983 en 1989 in 'n totaal van vyf Broadway-toneelstukke verskyn.[13]
In 1991 het Nelligan die BAFTA gewen vir "Beste aktrise in 'n Ondersteunende Rol" vir haar vertolking in Frankie and Johnny.[14] Vir haar vertolking in die 1991-rolprent The Prince of Tides is sy genomineer vir die Oscar vir Beste Ondersteunende Aktrise.[15] Tussen 1987 en 2004 is sy genomineer vir vyf Gemini-toekennings vir haar rolle in Kanadese televisie-minireekse en rolprente. Sy het die toekenning twee keer ontvang, albei in 1993.[16] In 1996 het sy die vrou van James Mink gespeel in die CBS-televisiefilm Captive Heart: The James Mink Story.
Remove ads
Filmografie
Film
Televisie
Broadway toneelstukke
- Plenty (1983)
- A Moon for the Misbegotten (1984)
- Serious Money (1988)
- Spoils of War deur Michael Weller, Music Box Theatre New York (1988)
- Love Letters (1989)
- An American Daughter (1997)
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads