Kgalema Motlanthe

President van Suid-Afrika, vise-president van regerende ANC, en sekretaris-generaal van die ANC From Wikipedia, the free encyclopedia

Kgalema Motlanthe
Remove ads

Petrus Kgalema Motlanthe (gebore 19 Julie 1949) is 'n Suid-Afrikaanse politikus, voormalige President en Adjunkpresident van Suid-Afrika, voormalige vakbondleier, lid van die Parlement en Adjunkpresident van die regerende African National Congress (ANC). Op 23 September 2008, ná die bedanking van President Thabo Mbeki, het die ANC bevestig dat Motlanthe hul voorkeurkandidaat is om Mbeki as president te vervang tot en met die 2009-verkiesing.[1] Op 25 September 2008 is hy ingevolge die Grondwet van Suid-Afrika deur die Parlement verkies tot President van Suid-Afrika en deur hoofregter Pius Langa ingesweer tot die amp.[2][3][4]

Kitsfeite Vise, Voorafgegaan deur ...
Remove ads

Vroeë lewe

Motlanthe is op 19 Julie 1949 in Alexandra, Johannesburg gebore, die seun van 'n mynwerker[5] en die jongste van 13 kinders.[6] Hy het in Alexandra sowel as Meadowlands, Soweto groot geword.[2]

Politieke loopbaan

In sy jeug is Motlanthe beïnvloed deur die denke van die swartbewussynsbeweging.[7]

In die 1970's, terwyl hy vir die Johannesburgse Stadsraad gewerk het, het hy by die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe, aangesluit waar hy deel was van 'n eenheid wat nuwe lede moes werf. Die eenheid het later opdrag ontvang om op sabotasie te fokus. Motlanthe en Stan Nkosi was verantwoordelik vir implementering van dié funksie in Suid-Afrika. Die eenheid was ook verantwoordelik vir die smokkel van MK soldate in en uit die Republiek deur Swaziland (nou eSwatini).[8]

Op 14 April 1976 is Motlanthe en Nkosi in hegtenis geneem en vir elf maande in John Vorster Square in Johannesburg aangehou. In 1977 is hy skuldig bevind op drie aanklagte van terrorisme en tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis wat hy tussen 1977 en 1987 op Robbeneiland uitgedien het.[8][9]

Na sy vrylating in 1987 het Motlanthe vir die National Union of Mineworkers (NUM) gewerk waar hy in bevel van opvoeding was. Ná die ontbanning van die ANC in 1990 het Motlanthe Voorsitter van die ANC in die PWV streek geword. In 1992 is hy verkies tot Sekretaris-Generaal van die NUM, en in 1997 is hy verkies tot Sekretaris-Generaal van die ANC om Cyril Ramaphosa te vervang.[2][5]

Op die ANC se 52ste Nasionale Kongres in Polokwane in Desember 2007 is Motlanthe verkies tot Adjunkpresident van die ANC. In Julie 2008 is hy aangestel as Minister in Die Presidensie van die Republiek van Suid-Afrika. Op 25 September 2008 is hy deur die Parlement verkies tot President van Suid-Afrika. Motlanthe het 269 stemme verwerf teenoor Joe Seremane van die Demokratiese Aliansie wat 50 stemme behaal het. 41 bedorwe stembriewe is uitgebring.[10] Hy is op dieselfde dag deur hoofregter Pius Langa ingesweer tot die amp.[2]

In opvolging tot die leierstryd in die ANC (en dus ook de facto die President van Suid-Afrika) is Motlanthe op 9 Mei 2009 vervang deur Jacob Zuma, maar weer aangestel as Adjunkpresident in die kabinet van president Zuma tot 26 Mei 2014, toe hy amptelik afgetree het.

Hy is getroud en het twee dogters en 'n seun.[11]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads