Khayelitsha

From Wikipedia, the free encyclopedia

Khayelitshamap
Remove ads

Khayelitsha (uitgespreek: [kaɪ.əˈliːtʃə]) is ’n gedeeltelik informele township in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, wat op die Kaapse Vlakte in Kaapstad, net noord van die Valsbaai, geleë is. Die naam is Xhosa vir Nuwe Tuiste. Dit is na bewering die grootste[2] en vinnigs groeiende township in Suid-Afrika.[3]

Thumb
'n Uitsig oor Khayelitsha
Thumb
Khayelitsha op die Kaapse Vlakte
Kitsfeite Land, Provinsie ...

Khayelitsha het ’n geskatte bevolking van 392 000 in 2011 gehad en lê 'n paar kilometer met die N2 langs. Sowat 90,5% van die inwoners is swart, 8,5% bruin en 0,5% wit. Die meeste mense praat Xhosa.[4][5]

Sowat 70% van die inwoners woon in plakkershutte en ’n derde moet minstens 200 meter loop na ’n waterbron.[2] Khayelitsha bestaan uit 22 gebiede – sommige oud en gevestig, ander jonger en informeel. Die ouer gebiede wat om en by die apartheids-era gebou is, is Bongweni, Ikwezi Park, Khulani Park, Khanya Park, Tembani, Washington Square, Graceland, Ekuphumleni en Zolani Park.[6]

Nuwer gebiede wat om die ou gebiede gebou is, sluit in Site B, Site C, Green Point, Litha Park, Mandela Park, Makaza en Harare.[6] Buiten Litha Park bevat dié gebiede baie plakkers- en informele agterplaas-hutte.

Remove ads

Misdaad

Op Vrydag, 12 Julie 2019, is die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in onder meer Khayelitsha ontplooi om hoë vlakke van misdaad, wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens tot dusver nog nie onder beheer kon bring nie, te takel.[7]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads