Khoisan

From Wikipedia, the free encyclopedia

Khoisan
Remove ads

Khoisan is 'n saambindende naam vir twee etniese groepe wat in Suider-Afrika leef, naamlik die Khoikhoi en die San. Hulle deel fisiese en vermeende taalkundige eienskappe apart van die Bantoe-meerderheid van die streek.[5] Kultureel word die Khoisan verdeel in die kossoekende San of Boesman, en die Khoi, of meer spesifiek Khoikhoi, vroeër bekend as "Hottentote", wat vee mak maak. Hulle praat veral Khoisan-tale wat bekend is vir hul klikgeluide, maar intussen is Afrikaans die belangrikste taal van die Khoisan.

Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suider-Afrika. Vir die taalfamilie, sien Khoisan-tale.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...

Die San het die inheemse bevolking van Suider-Afrika gevorm, voordat die Bantoevolke uit Sentraal- en Oos-Afrika ná die suide migreer en hul streek bereik het, wat daartoe gelei het dat die Bantoe-bevolking die Khoisan-bevolking verplaas en die oorheersende bevolking van Suider-Afrika geword het. Oor die tyd het sommige Khoi die mak maak van vee opgegee en die jagter-versamelaar-ekonomie van die San aanvaar, waarskynlik as gevolg van 'n droë klimaat, en word nou as San beskou. Eweneens het die Bantoegroep van die Damaras wat ná die suide migreer het later landbou opgegee en die Khoi se ekonomie aanvaar. Groot Khoisan-bevolkings bly in verskeie droë gebiede in die streek, veral in die Kalahari-woestyn. Die Khoisan is volgens genetiese studies die oudste nog bestaande menslike groep.[6]

Remove ads

Fotogalery

Remove ads

Verwysings

Verdere leeswerk

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads