Klein-Kariba
vakansieoord in Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Klein-Kariba is 'n vakansieoord net buite Warmbad (Bela-bela) in 'n kloof van die Waterberg-bergreeks. Die oord word deur die ATKV besit en bestuur. Dit beskik oor 177 eenhede, 'n restaurant, konferensiesale, vier verhitte swembaddens en ’n kapel vir troues.

Geskiedenis
Klein-Kariba is die derde vakansieoord wat deur die ATKV aangekoop is. Die transaksie is in 1973 vir R1,6 miljoen beklink. Oor die jare is die oord van die oorspronklike hotel en 'n handjievol vakansiehuise tot die huidige infrastruktuur uitgebrei.
Op 7 Maart 2014 is die oord deur vloedwater vernietig. Sowat R50 miljoen se skade is aangerig en twee bejaardes het in die oorstromings omgekom. Sewe motors het ook weggespoel. 'n Damwal hoër op in die rivier, by die Thaba Monate-wildreservaat, het gebreek en 'n domino-effek veroorsaak. Die water het met verwoestende impak deur verskeie plaasdamme op pad na die oord teen die Mahlakahlaka-koppies gestroom.[1]
As gevolg van 'n wolkbreuk het die oord dae later op 13 Maart 2014 'n tweede keer oorstroom. Die tweede vloed het die oorspronklike teerpad in 'n rivierbedding omskep. Die vloedkanaal is behou en met rotswalle versterk om beter beskerming teen toekomstige vloede te bied. Die oord is herbou en op 1 September van dieselfde jaar heropen.[2]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads