Kleinwitreier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die kleinwitreier (Egretta garzetta) is 'n algemene standvoël en plaaslike nomade by watermassas, riviermondings en langs die kus. In Engels staan die voël bekend as die Little Egret.
Remove ads
Identifikasie
Die voël is 55 tot 65 cm lank en weeg 450 tot 600 gram. Die reier is wit met 'n swart snawel en bene terwyl die tone geel is. Dit verskil van die Westelike kusreier omrede die snawel effens dunner en korter is. Dit het ook nie geel lorum op die snawelbasis soos die sneeuwitreier nie. Daar is wel ouderdom verwante variasie by die voël: die broeiende volwasse voël het roomkleurig oë, ligpers gesig, langwerpige pluime op die agterkop, mantel en voornek. Die pote is ook rooi aan die begin van die broeityd. Nie-broeiende volwasse voëls het nie pluime nie, die oë is geel en die gesig is grysgroen. Die jong voël het 'n groenerige snawelbasis, valer geel tone en grysgroen onderbene.
Die voëls broei koloniaal, gewoonlik saam met ander reiers, duikers en ibisse. Hulle jag visse in vlak water en gebruik dikwels ander voëls of diere om visse te verskrik of aan te keer.
Remove ads
Fotogalery
- Eier van die kleinwitreier.
- 'n Kleinwitreier in Epirus, Griekeland.
- 'n Kleinwitreier in die Noordelike Gebied, Australië.
Sien ook
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads