Koine
oud-Griekse variant From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Koine of Koine-Grieks[1] was die standaardvorm van Grieks vanaf die Hellenistiese tydperk (4de eeu v.C.) tot met die ondergang van die Romeinse Ryk (4de eeu n.C.). Dit was een van die voertale van die oostelike Middellandse See-gebied, die belangrikste taal van die oostelike deel van die Romeinse Ryk (in die westelike deel is Latyn gepraat) en die taal waarin ’n deel van die Nuwe Testament geskryf is.

Remove ads
Oorsprong
Koine stam af van Atties, een van die Oud-Griekse dialekte, en verskil min hiervan. Dit is in die antieke tyd beskou as die minder suiwer vorm van Grieks, en is die eerste taal wat oor die hele Griekeland versprei het: dit word die eerste keer genoem as die vorm van Grieks wat Alexander die Grote in die laaste helfte van die 4de eeu v.C. versprei het in al die gebiede wat hy verower het.
Nuwe-Testamentiese Grieks
Dit toon ’n wye spektrum van verskillende style, van meer konserwatiewe letterkundige vorms tot die spreektaal van die tyd.[2]
Hoewel die Bybelse Koine in die algemeen korrekte Grieks is, het dit tog unieke eienskappe, wat voortvloei uit die feit dat dit dikwels gebruik is deur mense wat die taal as tweede taal gepraat het. Daar is ’n duidelike neiging om die ingewikkelder grammatikale vorme en konstruksies te vermy. In die Bybelse Grieks kom taamlike Semitiese sinskonstruksies voor ("Hy het gepraat, seggende ..."), wat daarop wys dat die skrywers van die betrokke boeke in hul daaglikse lewe waarskynlik Aramees gepraat het.
As die oorheersende taal van die Bisantynse Ryk het Koine ontwikkel in Middeleeuse Grieks, die belangrikste voorloper van moderne Grieks.[3] Dit word steeds gebruik as liturgiese taal in die Grieks-Ortodokse Kerk.[4]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads