Labarna I

From Wikipedia, the free encyclopedia

Labarna I
Remove ads

Labarna was omstreeks die 17de eeu v.C. tradisioneel die eerste koning van die Hetiete. Hy was die tradisionele stigter van die Hetitiese Ou Koninkryk (fl. omstreeks 1680(?)-'50 v.C.).[1] Sy vrou was Tawannanna.

Kitsfeite Amp, Opvolger ...

Sommige moderne geleerdes bevraagteken die bestaan van Labarna. Dit was ook die titel van vroeë Hetitiese heersers,[2] soos Hattoesili I. Omdat daar so min kontemporêre verwysings na Labarna persoonlik is, meen party geleerdes die eerste Hetitoloë het 'n fout gemaak toe hulle aangeneem het "Labarna" was die persoonlike naam van 'n koning. Volgens dié teorie was die eerste labarna (in die sin van 'n titel) Hattoesili I, wat gewoonlik as die tweede labarna beskou word.[3]

Tabarna, 'n variant van labarna, word dikwels genoem in Hattiese, Hetitiese, Horitiese en Akkadiese tekste in Hetitiese argiewe.[4]

Remove ads

Biografie

Min is oor Labarna bekend, en dit kom uit die Telepinoe-proklamasie. Daarin word gesê hy het sy vyande oorrompel en hulle "die grense van die see" gemaak.[5] Dié stelling verwys dalk na oorwinnings tot by die Middellandse See in die suide en die Swartsee in die noorde.

Labarna het sy seuns as goewerneurs in verskeie stede aangestel, insluitende Toewanoewa, Hoepisna, Landa en Loesna. Die identiteit van dié stede in onseker. Deur sy oorwinnings het hy die basis gelê vir die Hetitiese Ryk wat sou volg.

Remove ads

Verwysings

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads