Langdeling

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

In rekenkunde is langdeling 'n standaard delingsalgoritme wat geskik is vir die deling van multi-syfer-Hindoe-Arabiese syfers (posisionele notasie) wat eenvoudig genoeg is om met die hand uit te voer. Dit breek 'n delingsprobleem op in 'n reeks van makliker stappe.

Voorbeelde

Die volgende voorbeelde verduidelik hoe langdeling gedoen wordː

1234 ÷ 5

Die volgende wys hoe 'n mens 1234 ÷ 5 uitwerk met langdeling. Neem kennis dat x < 1.

Thumb

Skryf die deeltal (1234) en deler (5) soos aangetoon.

  1. Begin by die linkerkantste syfers van die deeltal. 1 ÷ 5 is kleiner as 1, dus,skryf "0"
  2. Vermenigvuldig 0 met 5 en skryf dit onder die linkerkantse syfers van die deeltal.
  3. Skryf die verskil aan die onderkant.
  4. Bring die volgende syfer van die deeltal af.
  5. Herhaal tot klaar

'n Mens sou by stap 5 kon stop, dan sou jou kon sêː 1234 ÷ 5 = 246 res 4.

As jy egter verder gaan en stap 6 ook doen, dan is 1234 ÷ 5 = 246.8

Remove ads

12345 ÷ 15

Thumb

Alternatiewe notasie

In Nederland word die volgende notasie gebruik:

123 ÷ 5

  5 / 123 \ 24
      10
       23
       20
        3

Dus is 123 ÷ 5 = 24 res 3.

Hierdie notasie maak dit baie makliker om langdeling op 'n rekenaar te tik.

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads