Lawaaimakerjanfrederik
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die lawaaimakerjanfrederik (Cossypha dichroa) is 'n voëlspesie in die Muscicapidae familie. Dit kom in Suid-Afrika en Eswatini voor.
Die spesie se natuurlike habitat is sub-tropiese of tropiese vogtige laeveld woude.
Hierdie is 'n groot janfrederik, omtrent 20 cm. Die lawaaimakerjanfrederik word onderskei deur die donker bo-gedeeltes (die oorflappe en lelie is effe donkerder as die res van die gesig, kop, nek en rug) en geel-oranje onder-gedeeltes. Dit het geen wit oogstreep nie. Onvolwasse voëls het 'n vuil, gevlekte rooibruin bo en onder die stert en is rooi-oranje met 'n donker senter.
Die lawaaimakerjanfrederik migreer van die binneland na die kuswoude in die winter.
Remove ads
Sien ook
Verwysings
- BirdLife International 2004. Cossypha dichroa Geargiveer 30 September 2007 op Wayback Machine. 2006 IUCN Red List of Threatened Species. Afgelaai op 25 Julie 2007.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads