Skaal (lj.) |
Waarde |
Voorwerp |
10-9 |
40,4×10−9 lj. |
Weerkaatste sonlig van die Maan se oppervlak neem 1,2-1,3 sekondes om tot by die Aarde se oppervlak te beweeg (dit is rofweg 350 000 tot 400 000 kilometer). |
10-6 |
15,8×10−6 lj. |
Een astronomiese eenheid (AE; die afstand tussen die Son en die Aarde). Dit neem lig sowat 499 sekondes (8,32 minute) om dié afstand af te lê.[5] |
127×10−6 lj. |
Die Huygens-tuig land op Titaan naby Saturnus en stuur beelde van die maan se oppervlak, sowat 1,2 miljard km van die Aarde af. |
504×10−6 lj. |
New Horizons vlieg op ’n afstand van 4,7 miljard km verby Pluto, en kommunikasie neem 4 uur 25 minute om die Aarde te bereik. |
10-3 |
2,04×10−3 lj. |
Die ruimtetuig wat die verste van die Aarde af is, Voyager 1, was in Oktober 2014 sowat 18 ligure van die Aarde af.[6] Dit sal sowat 17 500 jaar duur om 1 ligjaar (1,0×100 lj.) weg te beweeg teen sy huidige snelheid van sowat 17 km/s relatief tot die Son. |
2,28×10−3 lj. |
Voyager 1 se afstand in Oktober 2018, byna 20 ligure van die Aarde af |
100 |
1,6×100 lj. |
Die Oortwolk se deursnee is sowat 2 ligjare. Sy binneste grens word geraam op ’n afstand van 50 000 AE en sy buitenste rand op 100 000 AE. |
2,0×100 lj. |
Maksimum omvang van die Son se swaartekragoorheersing (Hill-sfeer/Roche-limiet, 125 000 AE). Hierna kom die interstellêre medium voor buite die Son se swaartekraginvloed. |
4,22×100 lj. |
Die naaste ander bekende ster, Proxima Centauri, is sowat 4,22 ligjare van hier af.[7][8] |
8,60×100 lj. |
Sirius, die helderste ster in die naglug. Sy massa is twee keer die Son s’n en sy ligsterkte 25 keer die Son s'n. |
11,90×100 lj. |
HD 10700 e, ’n kandidaat-eksoplaneet vir lewe. Sy massa is 6,6 keer dié van die Aarde en dit is in die bewoonbare sone van die ster Tau Ceti.[9][10] |
20,5×100 lj. |
Gliese 581, ’n rooidwerg met verskeie waargenome eksoplanete. |
310×100 lj. |
Canopus, naas Sirius die helderste ster van hier af, is ’n tipe A9- helder reus en 10 700 keer so helder soos die Son. |
103 |
3×103 lj. |
A0620-00, die naaste bekende swartkolk, is sowat 3 000 ligjare van hier af. |
26×103 lj. |
Die middel van die Melkweg is sowat 26 000 ligjare van die Aarde af.[11][12] |
100×103 lj. |
Die Melkweg is sowat 100 000 ligjare breed. |
165×103 lj. |
R136a1, in die Groot Magellaanse Wolk, is die helderste bekende ster (met sowat 8,7 miljoen keer die ligsterkte van die Son); dit het ’n skynbare magnitude van 12,77. |
106 |
2,5×106 lj. |
Die Andromeda-sterrestelsel is sowat 2,5 miljoen ligjare van hier af. |
3×106 lj. |
Die Driehoek-sterrestelsel (Messier 33), is sowat 3 miljoen ligjare ver en is die verste voorwerp wat met die blote oog gesien kan word. |
59×106 lj. |
Die naaste groot sterrestelselswerm, die Virgo-swerm, is sowat 59 miljoen ligjare ver. |
150×106 – 250×106 lj. |
Die Groot Aantrekker lê iewers tussen 150 miljoen en 250 miljoen ligjare van hier af. |
109 |
1,2×109 lj. |
Die Groot Muur van Sloan en Groot Muur in Hercules-Corona Borealis is na raming sowat 1 miljard ligjare ver. |
2,4×109 lj. |
3C 273, opties die helderste kwasar, met ’n skynbare magnitude van 12,9, is sowat 2,4 miljard ligjare van hier af. |
45,7×109 lj. |
Die afstand van die Aarde tot by die kant van die sigbare heelal is sowat 45,7 miljard ligjare in enige rigting; dit is die radius van die sigbare heelal. |