Canopus
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Canopus (ook bekend as Alpha Carinae of α Car) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Kiel (Carina). Dit is ook die tweede helderste ster soos van die Aarde gesien, naas Sirius. Canopus se skynbare magnitude is -0,72, en dit het 'n absolute magnitude van -5,53.


Canopus is 'n helder reus van spektraaltipe A9 II, hoewel dit voorheen ook as F0 Ib geklassifiseer is (Ib verwys na 'n "minder helder superreus") op grond van Canopus se groot ligsterkte. Dit is wit wanneer dit met die blote oog waargeneem word. Canopus kom voor in die verre suidelike hemelruim, by deklinasie -52° 42' (2000) en regte klimming 06h24.0m.[8]
Remove ads
Name
Die ster se Bayer-naam is "Alpha Carinae". Die tradisionele naam, "Canopus", van die Griekse Κάνωβος, Kanôbos, kan uit twee bronne kom:
- In die legende van die Trojaanse Oorlog was die Kiel nog deel van die ou sterrebeeld Argo Navis, wat die skip van Jason en die Argonoute verteenwoordig het. Die helderste ster het die naam van die skipper van ’n ander skip uit die Griekse mitologie gekry: Canopus van die skip Menelaus wat probeer het om Helena van Troje terug te bring nadat sy deur Paris weggevoer is.
- Die Koptiese naam Kahi Nub ("Goue Aarde") verwys na hoe Canopus kon gelyk het naby die horison van die Antieke Egipte: rooi vanweë sy lae posisie.[9]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads