Linaceae
plantfamilie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Linaceae, die vlasfamilie, is familie wat tot die orde Malpighiales hoort. Die ongeveer 450 spesie van hierdie familie is almal kruid- of struikagtig, en die meeste van hulle is van die trope afkomstig. Die genus Linum is uit ʼn ekonomiese oogpunt gesien die belangrikste. Veselvlas (Linum usitatissimum) is reeds 5 000 jaar gelede in Mesopotamië verbou.
Van die lande rondom die Middellandse See het die gewas na ander dele van Europa versprei. Deur die stingels in water te lê, kom die basvesels vry, waaruit daar dan na bewerking linne gespin word. Uit die sade van die vlasplant word lynsaadolie, wat onder meer vir die vervaardiging van olieverf gebruik word, gepars. Die residu (oorblyfsels) word saamgepers en in die vorm van lynkoeke as veevoer gebruik. Sommige vlassoorte, soos Linum grandiflorum, word as sierplante gekweek.
Remove ads
Genera
Die familie bestaan uit nege genera:[1]
Verwysings
Bron
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
