Linköping

From Wikipedia, the free encyclopedia

Linköping
Remove ads

Linköping (Sweeds: [ˈlɪ̂nːˌɕøːpɪŋ], ) is 'n stad in Suid-Swede en die vyfde grootste in die land ná Stockholm, Gotenburg, Malmö en Uppsala met 'n oppervlakte van 1 568,57 vierkante kilometer en 'n bevolking van 167 404 (2023). Linköping dien as die administratiewe hoofstad van die gelyknamige munisipaliteit (Sweeds: kommun).

Thumb
Die domkerk van Linköping

Linköping
Thumb

Kaart Wapen
Thumb
Thumb
Vlag
 Land Vlag van Swede Swede
 Landskap Östergötland
 Län Östergötland
 Koördinate 58°25′N 15°38′O
 Stigting (eerste verwysing) 1082
 Oppervlakte:  
 - Totaal (kommun) 1 568,57 vk km[1]
 Hoogte bo seevlak 45 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2023) 167 404[2]
 - Bevolkingsdigtheid (kommun) 106,7/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 7,2 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie −1,8 / 17,5 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 604,8 mm
 Amptelike webwerf www.linkoping.se

Linköping is glo genoem na die Lionga ting, die belangrikste vergaderplek in Östergötland, terwyl die agtervoegsel köping na 'n markstad verwys. Ander Sweedse stede met 'n soortgelyke naam sluit in Jönköping, Norrköping ("noordelike markstad"), Nyköping en Söderköping ("suidelike markstad"). Die nabygeleë klooster Vreta is in 1128 gestig en die oudste dele van die domkerk van Linköping dateer ook uit dié tydperk.

Op 25 September 1598 is by die brug oor die Stångån (die hoofbrug in Linköping) die Rooms-Katolieke koning Sigismund III Wasa deur sy oom Karel van Södermanland verslaan, waarmee die kortstondige Pools-Sweedse unie beëindig is. Vervolgens is op 20 Maart 1600 vyf koninklike raadslede tydens die "bloedbad van Linköping" op die markplein tereggestel. Die slag was die begin van 'n oorlog tussen Swede en Pole wat tot in 1629 gewoed het.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads