Lukraaketaar

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Lukraaketaar is 'n Afrikaanse Suid-Afrikaanse akoestiese[1] musiekgroep wat uit twee lede bestaan, Pierre Greeff en Alwyn Kotzé. Hulle beskryf hul lirieke as "sielvolle woorde" en hul musiek as "akoesties met skop". Die groep se naam, Lukraaketaar, is 'n kombinasie van twee woorde: lukraak, wat beteken toeval, geluk, na willekeur; en ketaar, wat volgens hulle 'n woordspeling op "kitaar" en "kommentaar" is. Lukraaketaar is bekend vir hul uitgesprokenheid en retoriese vrae in hul lirieke.

Kitsfeite Genres, Assosiasies ...

Toe Kotzé en Greeff mekaar op Stellenbosch ontmoet het, was dit die begin van Lukraaketaar. Die twee vriende ken mekaar al meer as vier jaar en het nog altyd 'n passie vir musiek gedeel. Hulle skryf meestal saam aan hul liedjies en musiek en hoop dat hul eerste sewesnitkortspeler, Fop Genade, mense se lewens positief sal beïnvloed.

In hul musiek sing Pierre laag en Alwyn baie hoog.

Na 'n hiaat het Lukraaketaar in 2019 by die Liefde by die Dam-konsert by Meerendal in Durbanville, Kaapstad opgetree.[2] Hulle het die verhoog met Loki Rothman gedeel.[2]

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads