MS-DOS
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
MS-DOS (Engels vir Microsoft Disk Operating System) was een van die eerste bedryfstelsels vir persoonlike rekenaars.
Remove ads
Geskiedenis
Toe IBM sy IBM-PC ontwikkel het sou hulle aanvanklik hul eie bedryfstelsel geskryf het, terwyl die BASIC-interpreteerder deur Microsoft voorsien sou word. Toe hulle eie bedryfstelsel egter nie vlot nie, wend IBM hulself tot Microsoft en sluit 'n kontrak om die bedryfstelsel te ontwikkel. Bill Gates besluit om nie van nuuts af te begin nie, maar soek na 'n geskikte produk wat verder aangepas kan word.
Microsoft koop uiteindelik QDOS (SPC se Quick and Dirty Operating System wat van CP/M afgelei is), waarvoor Microsoft 'n bedrag van 50 000 dollar betaal. Microsoft pas die bedryfstelsel volgens IBM se spesifikasies aan, waarna die produk deur IBM as PC-DOS verkoop word.
In die kontrak met IBM staan egter dat Microsoft ook self die produk aan derde partye mag verkoop. Microsoft doen hierdie onder die naam MS-DOS. Toe PC-klone wat op die IBM-PC gebaseer is op die mark kom, word MS-DOS gou populêr en begin Bill Gates stadig maar seker om sy fortuin op te bou.
Remove ads
MS-DOS in Windows
Windows 95, Windows 98 en Windows ME maak van MS-DOS gebruik om te begin (die BOOT-proses), waarna die grafiese laag beheer oorneem. MS-DOS is nie 'n multitaak bedryfstelsel nie, wat beteken dat slegs 'n enkele program op 'n slag kan loop. Deur die gebruik van virtuele verwerkers (in praktyk die V86-modus van die 80386-verwerker en hoër) is dit egter moontlik om verskillende MS-DOS-programme gelyktydig in hul eie virtuele rekenaars te loop. Hierdie metode is egter problematies omdat baie MS-DOS-programme die rekenaarhardeware direk wil aanspreek. 'n Gevorderde bedryfstelsel kan dit toelaat, maar stabiliteit word ingeboet.
Tensy 'n drywer 'n funksie virtualiseer, laat Windows 3.x en 9x direkte kommunikasie met die hardeware toe. Die Windows NT-bedryfstelsels laat dit egter glad nie toe nie.
Remove ads
Weergawes van MS-DOS
Laaste weergawe
Die ontwikkeling van MS-DOS is lankal reeds gestaak. Die laaste alleenstaande weergawe was weergawe 6.22. Vanaf weergawe 7.0 is MS-DOS nie meer 'n losstaande bedryfstelsel nie, maar is regstreeks in Windows geïntegreer. MS-DOS is nog redelik sigbaar in Windows 95 en 98, maar in Windows ME is al die spore daarvan uitgewis.
Sien ook
- DOS (bedryfstelsel)
- Microsoft
- Lys van MS-DOS-bevele
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads