Wildepopulier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die wildepopulier - ook bekend as die riviermakaranga - (Macaranga capensis) is 'n boom wat voorkom langs die kus vanaf die Groot-Keirivier tot noord in KwaZulu-Natal. Dit kom in Oos-Afrika tot in Etiopië voor.[1] Die blare is groot en skildvormig. Die blaarsteel (petiolus) is lank en dun en is eeder aan die onderkant van die blaar as die rand vasgeheg. Daar is drie tot vier prominente hoofare wat van dié punt uitstraal. Die are is digharig aan die onderkant van die blaar. Die vrug lyk soos 'n klein, klewerige kapsule en is omtrent 4 mm in deursnee. Die vrug bars hoorbaar oop om 'n enkele saad, bedek met 'n vlesige rooi tot perserige aril, te onthul.
Remove ads
Sien ook
Bronne
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads