Makemake

Derde grootste dwergplaneet in die sonnestelsel From Wikipedia, the free encyclopedia

Makemake
Remove ads

Makemake, amptelik (136472) Makemake (simbool: 🝼),[9] is die derde grootste dwergplaneet in die Sonnestelsel en een van die grootste Kuipergordelvoorwerpe (KGV's). Makemake het 'n deursnee wat gelykstaande is aan ongeveer driekwart van Pluto s'n en het een bekende natuurlike satelliet, S/2015 (136472) 1.[10] Die dwergplaneet het 'n uiters koue gemiddelde temperatuur van -243,2 °C (of 30 Kelvin), wat daarop dui dat sy oppervlak met metaan-, etaan- en moontlik stikstofysse bedek is.

Kitsfeite Ontdekking, Ontdek deur ...

Makemake is oorspronklik deur 'n sterrekundige span onder leiding van Michael Brown op 31 Maart 2005 ontdek, maar die ontdekking is eers op 29 Julie 2005 aangekondig. Die dwergplaneet is genoem na die mitologiese god Makemake, wat in die geloof van die Rapa Nui (die inwoners van Paaseiland) die god van die mensdom en vrugbaarheid is.

Remove ads

Satelliet

Op 26 April 2016 het sterrekundiges wat waarnemings van die Hubble-ruimteteleskoop van April 2015 bestudeer het, die ontdekking aangekondig van ’n maan met ’n deursnee van ~175 km (vir ’n aangenome albedo van 4%) wat op ’n afstand van ≥21 000 km van Makemake af om hom wentel, met ’n wentelperiode van ≥12 dae (indien die wentelbaan rond is).[11][12] Dit het die voorlopige naam S/2015 (136472) 1 gekry,[10] maar word ook MK 2 genoem.

Die meeste ander groot Trans-Neptunus-voorwerpe, Eris, Haumea en Pluto, het minstens een natuurlike satelliet elk.

Remove ads

Wentelbaan en klassifikasie

Thumb
Wentelbane van die groot cubewano's in vergelyking met Pluto. (Makemake in blou, Haumea in groen, Pluto in rooi en Neptunus in grys).

In April 2019 was Makemake 52,5 AE van die Son af,[7][8] amper so ver as wat dit kan kom in sy wentelbaan. Dit volg ’n soortgelyke wentelbaan as Haumea: met ’n groot baanhelling van 29° en ’n gemiddelde eksentrisiteit van sowat 0,16. Tog is Makemake se wentelbaan effens verder van die Son in terme van beide sy halwe lengteas en perihelium. Sy wentelperiode is 308 jaar,[3] meer as Pluto se 248 jaar en Haumea se 285 jaar. Makemake en Haumea is albei op die oomblik ver van die sonnebaan – teen ’n hoek van amper 29°. Makemake kom nader aan sy afelium in 2033,[8] terwyl Haumea sy afelium vroeg in 1992 bereik het.[13]

Makemake is ’n klassieke Kuipergordelvoorwerp,[1] wat beteken sy wentelbaan is ver genoeg van Neptunus s’n af om oor die bestaan van die Sonnestelsel stabiel te bly.[14] Anders as plutino's, wat Neptunus se baan kan kruis vanweë hulle 2:3-baanresonansie met die planeet, het klassieke voorwerpe periheliums verder van die Son, onaangeraak deur Neptunus se versteurings.[15] Makemake het ’n resonansie van naby 11:6 met Neptunus.[16]

Remove ads

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads