Mangosuthu Buthelezi
Suid-Afrikaans politikus From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Mangosuthu Buthelezi (27 Augustus 1928 - 9 September 2023) was 'n Zoeloehoofman en politikus. Hy is ook die stigter en voormalige leier van die Inkatha-Vryheidsparty (IVP). Vanaf 1994 tot 2004 het hy as die minister van Binnelandse Sake in die kabinette van Nelson Mandela en Thabo Mbeki gedien.[3]
Remove ads
Lewensloop

Mangosuthu (Gatsha) Ashpenaz Nathan Buthelezi is op 27 Augustus 1928 in Mahlabathini in die Unie van Suid-Afrika gebore. Aan die einde van die 1940's het hy by die ANC-jeugliga (ANCYL) aangesluit. Met verloop van tyd het hy kommunisme verwerp en sy rug op die African National Congress gekeer.
In 1964 tree hy as 'n akteur in die fliek Zulu op, waarin hy die rol van koning Cetshwayo vertolk het.
In die 1970's word hy die leier van die voormalige KwaZulu-tuisland, en staan as die hoof daarvan tot met die verkiesing van 1994. Die ANC het hom vel gekritiseer omdat hy in die 1970's en 1980's saam met die toenmalige Suid-Afrikaanse apartheidsregering saamgewerk het.
In 1975 stig hy die Inkatha-Vryheidsparty.
Van 1994 tot 2004 was Buthelezi die minister van Binnelandse Sake in die Suid-Afrikaanse regering. Hy het in die kabinette van Nelson Mandela en Thabo Mbeki gedien.
Hy het in 1952 met Irene Mzila in die huwelik getree en het drie seuns en vier dogters. Hy sterf op 9 September 2023 na 'n uitgerekte siekbed.[4]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads