Maputorivier

rivier in Swaziland en Mosambiek From Wikipedia, the free encyclopedia

Maputorivier
Remove ads

Die Maputorivier (Portugees: Rio Maputo), ook bekend as die Groot Usuturivier, Lusutfurivier of Suthurivier, is 'n rivier in Suid-Afrika, Eswatini en Mosambiek. Die naam Suthu verwys na die Basotho-mense wat naby die bron van die rivier gewoon het, maar deur die Swazi's aangeval en verdryf is.[1] Daar word ook gemeen dit beteken "donkerbruin", 'n beskrywing van die rivier se modderige water.[2]

Kitsfeite Maputorivier Great UsutuLusutfuSuthu ...
Remove ads

Koers

Die rivier ontspring naby Amsterdam, Mpumalanga, Suid-Afrika, en vloei ooswaarts deur Eswatini, waar dit die Lebomboberge binnegaan. Die 13 km lange kloof vorm die grens tussen Eswatini en Suid-Afrika. Vir ongeveer twintig kilometer vorm dit die grens tussen Suid-Afrika (provinsie KwaZulu-Natal) en Mosambiek. Daar, in die Ndumo-natuurreservaat, absorbeer dit sy grootste sytak, die Pongolarivier. Dan kronkel dit deur die Mosambiekse kusvlakte en loop uit in die suide van Maputobaai, ongeveer 85 kilometer stroomaf.

In Eswatini word die rivier die Groot Usutu of Lusutfu genoem en vloei deur die dorpe Bhunya, Luyengo, Siphofaneni en Big Bend. Laasgenoemde is naby 'n punt waar die rivier skielik kronkel. Die Groot Usutu is die grootste rivier in Eswatini en die terrein van die land se laagste punt (21 m bo seevlak), en is bekend vir witwatervaarte. Geen groot dorpe kan aan die oewers gestig word nie as gevolg van die diep, smal valleie en digte woude. Daar is egter 'n paar gholfbane, hotelle en natuurreservate.

Remove ads

Sytakke

Van die oorsprong tot sy mond is die sytakke (in volgorde): die Seganaganarivier, Bonniespruit, en die riviere Mpuluzi, Buhlungu, Umvenvane, Lusushwana, Sidvokodvo, Mkhondvo, Mhlamani, Mzimneni, Mzimphofu, Mhlathuzane, Mtsindzekwa, Nyetane, Funuane en Pongola.[3]

Damme in die rivier

  • Westoedam
  • Lubovanedam

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads