Merwede van der Merwe

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Merwede van der Merwe (1947 - 20 Desember 2013) was 'n bekende TV-persoonlikheid en kampvegter vir Afrikaanse musiek. Sy het 'n groot aandeel in die ontwikkeling van die ligte Afrikaanse musiekbedryf gehad. As sulks het sy verskeie kunstenaars, soos Anton Goosen, Louis van Rensburg, Jannie du Toit, Clarabelle van Niekerk, Laurika Rauch, en 'n bietjie later – David Kramer, Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen, Amanda Strydom en nog vele meer bygestaan.

Kitsfeite Gebore, Sterf ...

Van der Merwe was die aanbieder van die TV-reeks, Musiek en liriek wat die term "luisterlied" gevestig het. Sy was ook verantwoordelik vir die eerste Afrikaanse musiekvideo’s in die laat 1970’s.

As regisseur was sy onder meer in die vroeë 1980’s betrokke by Collage, 'n tweetalige kunsteprogram op televisie. Sy was ook betrokke by 'n program oor Suid-Afrikaanse argitektuur.

Die kinderreeks, Casimir, is deur haar en Danie Odendaal geskryf. Die boek, Meditation: A Path to Conciousness is ook uit haar pen.

Van der Merwe is in Frankryk aan borskanker oorlede. Sy word deur haar ma en 'n suster oorleef.[1]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads