Meson

From Wikipedia, the free encyclopedia

Meson
Remove ads

’n Meson is ’n subatomiese deeltjie wat uit een kwark en een antikwark bestaan. Van die bekende mesone is die pion (π-meson) en kaon (K-meson). Omdat mesone opgebou is uit kwarke, behoort hulle nes barione tot die familie van die hadrone. Mesone het ’n heeltallige spin en val daarom onder die bosone, in teenstelling met barione, wat ’n halftallige spin het en onder die fermione val.

Thumb
Nege mesone met ’n spin van nul.
Remove ads

Geskiedenis

In 1935 het Hideki Yukawa die bestaan voorspel van mesone, deeltjies swaarder as elektrone, maar ligter as protone. In 1947 is deeltjies met dié eienskappe ontdek in kosmiese straling. Hulle is π-mesone of pions genoem en kom in drie soorte voor: positief, negatief of ongelaai.

Hul massa is ongeveer gelyk aan 270 maal dié van die elektron. Daar is 15 soorte bekend, onder meer ’n paar met massas groter as dié van die proton.

Remove ads

Sien ook

Eksterne skakel


Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads