Messier 108

From Wikipedia, the free encyclopedia

Messier 108
Remove ads

Messier 108 of M108 (ook bekend as NGC 3556) is ’n staafspiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Groot Beer. Dit is in 1781 of 1782 deur Pierre Méchain ontdek[1] en eers heelwat later in Charles Messier se katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Kitsfeite

Die sterrestelsel is ’n geïsoleerde lid van die Ursa Major-sterrestelselswerm in die Virgo-superswerm. Dit het ’n geraamde massa van sowat 125 miljard sonmassas en sluit sowat 290 bolvormige sterreswerms in.[2]

Waarnemings deur die Chandra-X-straal-sterrewag het 83 X-straalbronne geïdentifiseer, insluitende ’n bron by die kern. Die helderste van hierdie bronne kan ’n swartkolk wees wat materie opneem. Dit het na raming ’n massa van sowat 24 miljoen sonmassas.[3]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads