Michail Nesterof

From Wikipedia, the free encyclopedia

Michail Nesterof
Remove ads

Michail Wasiljewitsj Nesterof (Russies: Михаи́л Васи́льевич Не́стеров; 31 Mei [O.S. 19 Mei] 186218 Oktober 1942) was ’n vooraanstaande verteenwoordiger van religieuse Simbolisme in Russiese kuns. Hy het aan die Keiserlike Kunsakademie onder Pawel Tsjistjakof studeer, maar hom later geskaar by ’n groep kunstenaars bekend as die Peredwizjniki.

Kitsfeite Geboortenaam, Gebore ...

Sy kunswerk Die Visioen van die Jong Bartolomeus (1890–'91), wat die bekering van die Middeleeuse heilige Sergei Radonezjski uitbeeld, word dikwels beskou as die begin van die Russiese Simbolistiese beweging.

Van 1890 tot 1910 het Nesterof in Kiëf en Sint Petersburg gewoon waar hy aan muurskilderings in onderskeidelik die Sint Wladimir-katedraal en die Kerk op Gestorte Bloed gewerk het. Ná 1910 het in Moskou gewoon, waar hy in die Marfo-Mariinski-klooster gewerk het. As ’n toegewyde Ortodokse Christen het hy nie die Russiese Rewolusie aanvaar nie, maar hy het tot met sy dood in Rusland gebly.

Remove ads

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads