Moçâmedes

From Wikipedia, the free encyclopedia

Moçâmedesmap
Remove ads

Moçâmedes (tussen 1985 en 2016 Namibe) is die hoofstad van die Namibe-provinsie in Angola. Die stad het 'n bevolking van 92 609 in 2010 gehad.[1] Namibe het 'n koel, droë klimaat en woestynplantegroei as gevolg van sy nabyheid aan die Namibwoestyn.

Kitsfeite Moçâmedes (voorheen Namibe), Land ...
Remove ads

Geskiedenis

'n Verskeidenheid rotstekeninge en ander vondse dui op 'n prehistoriese nedersetting in Moçâmedes.[2]

Die dorp is in 1840 gestig deur Portugese kolonialiste. Die stigter van die stad word beskou as Bernardino Freire de Figueiredo Abreu e Castro van die Portugese gebied Trás-os-Montes, wat die dorp geskep het met veral Portugese setlaars uit die Brasiliaanse Pernambuco.

Tussen 1985 en 2016 was die amptelike naam van die stad Namibe, voorheen en sedertdien het dit die Portugese pleknaam Moçâmedes (ook Mossamedes geskryf) gedra.[3]

Remove ads

Bestuur

Moçâmedes is die setel van 'n gelyknamige distrik (Municipio) in die provinsie Namibe, Moçâmedes is ook die hoofstad hiervan. Die distrikskomitee bestaan uit drie munisipaliteite (Comunas):

  • Bentiaba
  • Lucira
  • Namibe

Vervoer

Thumb
Die hawe van Moçâmedes in 2009

Moçâmedes is naas Luanda en Lobito die derde grootste hawe in die land. Moçâmedes is die beginpunt van die Namibe-hoofweg. Die vliegveld is in 1978 na die Russiese ruimtevaarder Joeri Gagarin genoem, en die lughawe is heropen nadat omvattende opknappingswerk in September 2013 voltooi is.[4]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads