Mongools

From Wikipedia, the free encyclopedia

Mongools
Remove ads

Mongools (in Mongoolse skrif: , Mongɣol kele; in Cyrilliese alfabet: Монгол хэл, Mongol chel; [mɔŋɢɔ̆ɮ xeɮ]) is 'n Altaïese taal wat deur sowat 6 miljoen mense in Mongolië (Buite-Mongolië) en die Chinese outonome gewes van Binne-Mongolië gepraat word. Dit is die mees verspreide van die Mongoolse tale en nou verwant aan Boerjaties en Kalmikies wat in Rusland gepraat word. Mongools is die amptelike taal van beide Mongolië en die Chinese outonome gewes van Binne-Mongolië.

Thumb
Die woord "Mongol" in verskeie skryfstelsels: 1. tradisioneel, 2. vouskryf, 3. Phagpa, 4. eenvoudige teks, 5. Mantsjoe, 6. Sojombo, 7. horisontale vierkante skryf, 8. Cyrillies
Hierdie artikel handel oor die taal in Oos-Asië. Vir die etniese groep, sien Mongole, en vir die taalfamilie, sien Mongoolse tale.
Kitsfeite Mongools Монгол хэл Mongol chel Mongɣol kele, Amptelike status ...

Mongools word in in verskeie skryfstelsels geskryf: In Mongolië word die Cyrilliese alfabet gebruik, terwyl in die Volksrepubliek van China die tradisionele Mongoolse skrif gebruik word.[4] Die voormalige Volksrepubliek van Mongolië het in die 20ste eeu die Cyrilliese alfabet van sy bondgenoot, die destydse Sowjetunie, oorgeneem en aangepas. Dit word nog steeds in Mongolië asook vir ander Mongoolse tale in Rusland soos Boerjaties en Kalmikies gebruik.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads