Monterey County

From Wikipedia, the free encyclopedia

Monterey Countymap
Remove ads

Monterey County is 'n county langs die Stille Oseaankus van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië. Sy noordwestelike deel vorm die suidelike helfte van Montereybaai, terwyl die noordelike helfte in die aangrensende Santa Cruz County geleë is. Die plaaslike ekonomie steun swaar op toerisme in die kusgebiede en landbou in die Salinas-riviervallei.

Kitsfeite Land, Deelstaat ...

Die bevolking het in 2010 415 057 beloop.[1] Salinas is die grootste nedersetting in Monterey County en dien ook as die administratiewe setel. Die bevolking is veral langs die noordelike kuslyn en in die Salinas-vallei gekonsentreer wat die suidkus en die binnelandse berggebiede byna onbewoon laat.

Tydens die Spaanse en Mexikaanse bewind het die stad Monterey as hoofstad van Kalifornië gefungeer. Monterey County is vandag oor die wêreld bekend vir die natuurskoon van sy kuslyn, waaronder Big Sur, die State Route 1 en die 17 Mile Drive op die Monterey-skiereiland.

Remove ads

Vervoer

Openbare vervoer in Monterey County is onder beheer van Monterey-Salinas Transit wat met sy vloot van 128 busse 61 roetes in die distrik bedryf.[2] Passasierspoordienste word deur Amtrak op Salinas se treinstasie verskaf. Vanuit die streekslughawe in Monterey (Monterey Regional Airport) onderneem lugrederye regstreekse vlugte na Dallas, Denver, Las Vegas, Los Angeles, Phoenix, San Diego en San Francisco.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads