Morfeus

From Wikipedia, the free encyclopedia

Morfeus
Remove ads

Morfeus ("Vormer", van die Griekse μορφή, morphe, "vorm")[1] is ’n god wat met slaap en drome verbind word. In Ovidius se Metamorfoses is hy die seun van Slaap en verskyn hy in menslike vorm in drome. Sedert die Middeleeue was hy beter bekend as die god van drome of van slaap.[2]

Thumb
Morfeus, deur Jean-Bernard Restout.

Ovidius

In Ovidius se Metamorfoses is Morfeus een van die duisend seuns van Somnus (Slaap).[3] Sy funksie was om in menslike vorm in drome te verskyn. Volgens Ovidius was niemand anders meer bedrewe as hy om die postuur, eienskappe, spraak en klere van mans na te maak nie.[4] Nes ander gode wat met slaap verbind is, het Ovidius vir Morfeus vlerke gegee.[5]

Ovidius het Morfeus en sy broers, die ander seuns van Somnus, die Somnia ("droomvorms") genoem en gesê hulle verskyn in drome en "maak baie vorms na".[6]

Ovidius het aan nog twee broers name gegee, maar dié drie broers se name word nooit voor Ovidius teengekom nie en is dalk deur Ovidius uitgedink.[7] Tripp noem die drie figure "letterkundige, nie mitiese begrippe nie".[8] Griffin stel egter voor hierdie verdeling van droomvorms tussen Morfeus en sy broers, wat moontlik hulle name ingesluit het, is van Hellenistiese oorsprong.[9]

Remove ads

Afleiding

  • Friedrich Sertürner het die naam van die opiaat morfien van Morfeus se naam afgelei.

Galery

Verwysings

Bronne

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads