Myt
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
'n Myt is 'n klein spinnekopagtige (agtpotige antropode) van twee groot ordes, die Acariformes en Parasitiformes, wat histories saam in die subklas Acari gegroepeer is. Volgens onlangse genetiese ontledings is die twee groepe egter nie mekaar se naaste verwante nie, en dit maak die groep ongeldig as 'n klade.[1]

Die meeste myte is baie klein (korter as 1 mm) en het 'n eenvoudige, ongesegmenteerde lyf. Die klein grootte van die meeste spesies maak dat hulle maklik misgekyk word. Myte kom in water voor en ander in die grond; van hulle bly op plante en sommige skep galappels, terwyl ander parasiete en roofdiere is. Die meeste spesies is onskadelik vir die mens, maar 'n paar word met allergieë verbind of dra siektes oor.
Die wetenskaplike veld wat met die bestudering van myte te doen het, word akarologie of mytstudie genoem.
Remove ads
Verwysings
Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
