Varswater-harder
vis wat endemies aan Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Varswater-harder (Myxus capensis) is 'n vis wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom voor van Valsbaai tot by Kosibaai. In Engels staan die vis bekend as Freshwater mullet.
Remove ads
Voorkoms
Die vis word 45 cm lank. Die vis is silwerkleurig wanneer dit in varswater is en word donker aan die bokant wanneer dit in soutwater (in die see) kom.
Gewoontes
Die vis is meer volop in die Kaapse riviere as ander harderspesies en kan tot 100 km na die binneland voorkom. Die vis bly die grootste gedeelte van sy lewe in varswater en gaan net na die see om eiers te lê tussen Maart en November. Damme en keerwalle verhoed die natuurlike migrasie van die vis en het tot gevolg dat hulle getalle aan die afneem is.
Sien ook
Bronne
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Eksterne skakel
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads