NaK

From Wikipedia, the free encyclopedia

NaK
Remove ads

NaK is 'n legering van natrium en kalium wat by kamertemperatuur vloeibaar is.[1]

Thumb
Die Na-K-fasediagram

Fasediagram

Die Na-K-fasedragram is in 1912 deur G.L.C.M van Rossen Hoogendijk van Bleiswijk[2][3] publiseer.[1]

Daar is een vaste intermetaalverbinding NaK2 wat by +8 °C peritekties ontbind en 'n eutektikum by 78% K (by massa) wat smelt by -11 °C. Die vloeistof het 'n taamlike hoë kookpunt (~750C) wat die vloeibare metaal oor 'n breë temperatuurinterval bruikbaar maak. [1]

Eienskappe

Die legering is maklik te vervaardig deur vaste natrium en kalium in 'n olie of inerte organiese oplosmmidel, soos tolueen, saam te smelt. Dit gebeur gewoonlik onder uitsluiting van suurstof en vog en deur sterk te roer.

Die legering is nes die metale kalium en natrium self baie reaktief met water, suurstof, ander oksideermiddels soos die halogene, en met sure.

Gebruik en gevare

Die vloeibare legering word gebruik as koelvloeistof in kernkraginstallasies. Die stof kan egter by blootstelling aan die lug gevare oplewer. Dit kan aan die brand slaan en kaliumsuperoksied KO2 vorm.[4]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads