Nahoonrivier

rivier in Oos-Kaap, Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Nahoonriviermap
Remove ads

Die Nahoonrivier is 'n rivier in Oos-Londen in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Kitsfeite Nahoonrivier Xhosa: Nxaruni, Koördinate: 32°59′0″S 27°57′5″O ...

Die rivier en die Nahoondam (32°54′36″S 27°48′55″O) voorsien sommige van die water aan Oos-Londen en omgewing.

Dit loop oos van die Buffelsrivier en die hawe, en wes van die Gonubierivier. Die voorstad Nahoon lê op sy weste-oewer en Beacon Bay op die ooste-oewer.

Die rivier vloei deur 'n strandmeer en Afrika se suidelikste wortelboommoeras wat by 32°59′0″S 27°57′0″O in die Indiese Oseaan uitmond. Oorkant die monding is die Nahoonrif wat baie gewild is vir branderplankry en ook bekend is vir aanvalle deur witdoodshaaie op ryers.

Remove ads

Ekologie

'n Klein bevolking van die bedreigde Oos-Kaapse kurper (Sandelia bainsii) kom in die Nahoonrivier voor.[1]

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads