Neder-Kalifornië

From Wikipedia, the free encyclopedia

Neder-Kalifornië
Remove ads

Neder-Kalifornië (Spaans: Baja California) is 'n nou, berg- en woestynagtige skiereiland aan die weste van Meksiko, met 'n lengte van 1200 km en 'n breedte van tussen 80 en 220 km. Die skiereiland word in die weste en suide met die Stille Oseaan, in die ooste met die Golf van Kalifornië, in die noordooste deur die Coloradorivier van die deelstaat Sonora en in die noorde deur Kalifornië begrens.

Thumb
Ligging van Neder-Kalifornië in die weste van Meksiko
Thumb
Satellietbeeld van Neder-Kalifornië en die Golf van Kalifornië

Sedert die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog van 1848 maak (Opper-)Kalifornië deel uit van die Verenigde State van Amerika. Op die skiereiland is die twee Meksikaanse deelstate Baja California en Baja California Sur geleê. Die grootste stede is Tijuana in die noordweste en Mexicali in die noordooste, aan die grens met Kalifornië. In die noordooste vloei die Coloradorivier in die Golf van Kalifornië in.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads